Ek is nie wat ek was nie
Ek is nie meer wat ek was nie
Ek was nie meer wat ek mors nie
Ek kyk nie na my mense nie
Ek bid nie meer vir my vriende nie
Ek bid nie meer nie…
Is die verlede dalk die hede?
Kan dit ‘n opsie wees?
Was dit dalk dit
wat my verlaat het van gees?
Ek doen wat van my verwag word
staan weekliks in die gebou
maar hoe dit ookal sy
ek voel geen liefde wat my omvou
O here here god my here
wat het tog gebeur?
Ek weet ek kan nog glo, maar…
ek wil nie meer…?

![Drop Crown.. [ Explore #1 ] Drop Crown.. [ Explore #1 ]](http://static.flickr.com/4059/4231438863_17461115ac_t.jpg)
