Choosing God











{August 11, 2008}   Pieces of us…

Don’t know when but I wrote this…it’s out of the archives and again I apologize for the Afrikaans

Ons hoort saam

Dis my land, jou land, ons land

die land van son

van vrede, vryheid, verdriet…

van lag baljaar en haat

Ons skone land, is so te sê,

godloos verlaat

Stoei om mag

ras teen ras

geslag teen geslag

waar is die genade?

waar is die gesag

van Afrika leiers, boeremagte?

Is dit lig of donker?

Dag gaan om in nag,

nag verander in dag.

Albei ewe nodig, ewe belangrik

Daar heers oorlog om vryheid,

een wat reeds geveg en oorwin is.

Die kind is steeds nie dood nie…

Ook nie in Suid-Afrika nie

Dis my land, jou land, ons land

die land van son en kleur

diversiteit skep eenheid

‘n skoneryke geur



Leave a Reply

et cetera