Stille verdowing
Wat sal mens sê?
Wat kon ons nou eintlik doen?
Jy’s van ons geneem
sonder druk
sonder soen
So baie wat nog kon gebeur
betwyfel vir geen oomblik
wie jy was
en wat jy nou is
jy is ons oorwinnaar
Ewig in slaap gedompel
bevind ons jou rus as
pyn
as iets uit die euwels,
tog het jy die rus nodig gehad
Jy was moeg
Jy’t te veel gesien
te veel ervaar
jy was dapper
tot die rustende
einde
Jy kom in ons drome
vervul ons met vrede
jy wals
jy glimlag
want jy weet
ons almal is oorwinnaars
**vir Chris Greyling: geliefde vriend, seun en broer
Ons gaan jou mis



Sterkte vir jou en vir die familie….. Dit is nooooit maklik om afskeid te neem nie, maar jou gedig is pragtig!!! Lekker week vir jou en rus goed uit Meisiekind. Die einde is in sig!
Baie mooi Avie, sterkte vir almal!