Choosing God











{September 24, 2008}   ‘n Storie…

My sussie Lisa

“Ek is gatvol!! Hoor jy my?!!”. Ek hoor haar stem al van die straathoek af. Sy’s gevaarlik, ek weet sy is, maar sy weet dit nie. Sy weet nie wat sy doen nie. Ek haas myself om by haar uit te kom. Vinnig. Amper daar, amper…te laat.

Lisa is soos my sussie. Wel nie rerig nie, eintlik meer soos ‘n baie jonger sussie. Ons verskil 14 jaar. Ek sien haar nie as my kind nie, en sy beskou my nie as ‘n ma nie. Daar is ‘n hegte vriendskap tussen ons. Tog bly ek soos haar ouer sussie, wat haar beskerm teen die donker, alhoewel sy reeds die donker in sy volle mag ervaar het.

Die gewone alledaagse mens is so gou om te kla oor, gewone, alledaagse, klein en sinnelose goedjies, dat hulle vergeet wat hulle het. Maar Lisa is anders as gewone mense. Sy beskou elke nuwe dag as ‘n wonderwerk, elke glimlag as ‘n uitnodiging, elke onbegrypende kyk as ‘n beledigging, as ‘n gevaar. Lisa weet van gevaar.

Sy het groot geword in Noord-Afrika. Tanzania ek dink. Ek sal nie weet nie, sy praat nie oor haar verlede nie. Dis daar waar ek, eintlik ons, op haar afgekom het. Machiel het my na Tanzania gevat. Ons was daai tyd al twee jaar gelukkig saam gewees. Oppad soontoe het hy my na ‘n berg punt gevat en daar die ja-vraag geuiter. Ek was ekstaties. Hy was my droom man. As gelukkige verloofde paartjie het ons na Tanzania gereis, op ons tyd, niks het ons gehaas nie. Dorpie na dorpie het ons by stilgehou. Verskeie goedere begin bymekaarmaak vir ons droomhuis. Die volgende dorpie was heel vaal. Dit was stil, eintlik onaards. Dis toe dat sy skree, Machiel het die motor gestop en by die enigste geslote hut ingebars. Daar was ‘n geskree van twee mans stemme, ‘n meisie wat huil, ‘n geweerskoot. Machiel kom uitgestap met ‘n klein bondeltjie in sy arms.

Ons het haar aangeneem as ons eie. Gelukkig getroud in ons droomhuis met sy Afrika-tema en houtvloere. Ons was gelukkig. Ek, Machiel en Lisa. Dit was nie haar regte naam nie, sy’t gevra dat ons dit moet verander. Haar naam het haar geheg aan al haar tragedies en aan hom. Die man, van daardie dag, was haar oom. Nietemin was sy nou deel van ons familie. Machiel was mal oor haar, hy’t haar gepamperlang en haar op sy hande gedra. Met ‘n klap van haar vingers kon sy enige iets by hom kry wat sy wou hê. Hy was baie rondom haar, eintlik te veel. Sy was veronderstel om gelukkig te wees, maar steeds kon mens sien dat iets haar pla. Sy wou my nie sê wat fout was nie. Sy het nooit nie.

Lisa was slim. Sy het geweet sy is. Sy kon altyd haarself uit die moeilikheid uit praat. Maak nie saak wat sy gedoen het nie. Die tyd het gekom vir haar om skool toe te gaan. Sy het op gr4 vlak begin. Al die vorige jare het ek vir haar werkstukke en leesboeke van die jonger fases af huistoe gebring. Ek het skoolgegee by McKenzie Laerskool. Daar was ‘n hele paar dae wat ek haar klas toe geneem het. Sy’t geleef vir die tye wat sy kon leer. Sy’t goed gedoen, my altyd kom vra as sy nie seker is van iets nie. Su was reg vir skool, ek kon dit sien.

Haar ogies het geglinster daardie eerste dag. Van die oggend wat ek haar by die huis gegroet het tot die aand wat sy en Machiel by die huis gekom het. Hy’t haar weer bederf. Die sjokolade sirkels sit nog om haar mond. Dis moeilik om nie my lag in te hou nie. Hy was werklik lief vir haar. Lisa was sy dogtertjie. Ons was ‘n gesin.

Machiel was elke aand in haar kamer. Ten minste vir ‘n halfuur. Nooit met die wete wat hulle doen nie. Ek skraap die moed bymekaar om my geliefde man te vra. Hy’t baie skuldig gelyk. Afgekyk en gesê: “Dis laat my skat, ons moet gaan slaap.”. Daar laat staan het ons gaan slaap.

Die volgende oggend word ek wakker met sagte armpies om my lyf. Dit was Lisa. Onbegrypend staar ek na die kamer rondom my. Machiel was weg. My voete dra my kombuis toe. Ek kyk op die yskas. Dalk het hy vir my ‘n briefie gelos. Tot my teleurstelling was daar niks. Dis Saterdag. Machiel is nooit by sy spreekkamers op ‘n Saterdag nie. Als is in plek, nie ‘n vuil koppie nie, niks. Skoonveld. Dis seker ‘n noodoperasie. Tog sou hy iets gesê het, hy doen gewoonlik. Ek hoor Lisa aankom, sy het die nare gewoonte om haare voet te sleep wanneer sy haar pantoffels aan het.

“Lisa…”
“Ja sussa?”
“Waar is Pappa?”

Sy lyk ook skuldig, net soos Machiel die vorige aand gelyk het. Sy het bloot haar skouers onwetend opgetrek, uitgeloop en gaan stort. Ek raak bekommerd. Ek ken sy nommer al vir jare uit my kop uit. Ek bel, geen antwoord. Ek bel weer, die foon lui ‘n rukkie en word dan doodgedruk. Ek wil huil maar dit gaan my niks help nie. Machiel is nie ‘n onverskillige man nie, hy het seker ‘n rede vir sy optrede. Ek hoop. Die roep van Lisa bring my terug na realiteit:
“Sussaaaaa!!”
“Gebakte of roereier, para?”
“Roer asseblief.”

Ek kan nie anders as om te glimlag nie. Ons verstaan mekaar op ‘n snaakse manier. Ek hou daarvan as sy my Sussa noem. By die skool is ek haar Sussa. Machiel was altyd Pappa. Dis eintlik snaaks. Machiel is skaars 26, en ek maar net 24. Sy kom in die kombuis ingestap met ‘n splinternuwe pienk baadjie. Ek glimlag. Machiel het haar weer bederf. Ek maak haar ontbyt klaar, sit saam met haar aan tafel. Vat haar hande in myne.
“Kan ek asseblief vandag bid, Sussa? Pappa het my ‘n gebedjie geleer.”
“Jy weet jy mag, Para”
Sy maak haar ogies styf toe. Ek kan nie help om binnensmonds te lag nie. Sy was altyd so fassinerend en dankbaar. Ek volg haar voorbeeld en sluit my oë.
“Liewe Jesus. Dankie vir Pappa en vir Sussa. Dankie dat Pappa my so baie lekker dingetjies kan gee en dat Sussa so mooi na my en Pappa kyk. Liewe Jesus. Help asseblief vir Sussa om nie so te worry nie. Sy worry te veel Jesus. Sê asseblief vir haar dat Pappa gou-gou weer sal terug wees. Dankie vir die kossies wat ons nou gaan eet en laat Pappa en Sussa altyd gelukkig wees. Amen”
Ek maak my oë oop, staar haar aan. Sy loer vir my met haar een, bruin ogie oop.
“Wat gaan aan, Paratjie? Waar is Pappa?”
Vir die eerste keer verklap sy iets deur skuldig te glimlag en te lag in haar mou. Voor ek haar kon vra wat aangaan, gaan my selfoon af met sy boodskap luitoon: “Jou liefde sal my altyd tuisbring my skat.”. Machiel Voster beplan iets. Maar wat.

My gedagte gang word gebreek deur die klokkie. Lisa is volspoed oppad deur toe. Voor die deur staan Lisa met ‘n bos rooi rose in haar arms: “Gaan kyk buite Sussa”. Ek voel omtrent soos ‘n klein nuuskierige dogtertjie. Lisa gryp my hand en sleep my tot by die voorstoep. Die grasperk is toegegooi met roosblare. Rooi en pienk. In die middel van die oprit staan my wonderlike man. Agter hom is pilare met ‘n groot banier: “Wees myne vir nog vyf jaar”.

Dis als so romanties. Al die tyd het Pappa en Lisa nog hierdie hele ding beplan. Die twee is onafskeidbaar, twee opregte moeilikheidmakertjies. Machiel wil my wegvat. Vader weet waarheen.
“Ons kan nie vir Lisa alleen los nie.”
“Klaar gereel my skat, hierdie naweek is dit net ek en jy”
Ek kyk nuuskierig na Lisa, sy giggel in haar mou. Die voordeur klokkie lui en ‘n man kom ingestap.
“Ontmoet vir Braam skat. My neef. Hy’t aangebied om na Lisa te kyk”
“Nee!!” was my enigste woord. Ek draai om en stap kamer toe, Machiel kort op my hakke.
“Hoekom nie?”.
“Hy’s ‘n man Machiel. Jy kan nie ‘n vreemde man alleen los saam met Lisa nie. Waar is jou kop?”
“Hy’s dan familie, asseblief. Gee hom net ‘n kans.”
“Een kans is te veel.”
“Jy’s onredelik”
“En jy dink nie!!”
Daar’s ‘n gil. Ek hardloop sitkamer toe. Gewaar hulle altwee op die bank: “Los haar uit”
Braam kyk ongemaklik na my.
“Ons het net gespeel, Sussa, rerig.”
Braam glimlag net in my rigting. Ek hou nie van daai glimlag nie. Dis onduims, agterdogtig en skelm. Ek knik my kop, onwillekeurig. Braam maak of hy haar jaag. Rond en rond in die sitkamer. Machiel kom staan styf agter my, vou sy arms om my middel, hy’t nog altyd geweet hoe om my lam te maak. Hy fluister sag in my oor, sy growwe baard skuur in my nek: “Asseblief gee hom ‘n kans?”
Ek sug, vryf sy hande liggies en antwoord sag: “Ek pak solank.”

Twintig minute later is ons gereed om te ry. Ons groet by die voordeur. Braam se hand ferm om Lisa se linkerskouer. Ek vertrou hierdie man nie. Lisa gee my ‘n stywe drukkie en fluister in my oor: “Hou op om so te worry, Sussa”. Ek glimlag net vir haar en soen haar wang. Machiel doen dieslefde en skud Braam se hand. Machiel vat my tasse kar toe. Braam glimlag vir my op dieselfde as in die sitkamer. Ek gee hom een kyk, sy glimlag verbreed en hy begin Lisa se arm vryf. Sy ander hand beweeg na my toe. Ek ruk egter weg. Ek vertrou hom nie.
“Kom skat. Jy hou ons op”. Machiel lig my op in sy arms en dra my kar toe. Lisa en Braam verdwyn in die huis in en die deur gaan toe. Ek vertrou hom nie.

Machiel wil my nie sê waarheen ons gaan nie. Ek mag nie eers ‘n padkaart in my hande hou nie. Ons kom by die vliegveld. Daar staan ‘n vliegtuig gereed met ‘n vlieënier en ‘n skinkbord met sjampanje glase. Machiel gee ‘n glas vir my aan: “Op ons lewe saam. Dit wat was en dit wat nog gaan kom.”. Hy help my in die vliegtuig in. Ek is heeltemal sprakeloos. Ons klink ons glasies en styg op. Na sowat twee ure se vlug land ons. Baie nuuskierig kyk ek by die venster uit. Die uitsig word egter belemmer deur ‘n blinddoek.
“Mag ek nie eers die beeldskone plek sien waar my man my gebring het nie” skerts ek ligtelik.
“Die ware prag kom nog”
Ek lag net. My hart loop oor van liefde. Ons ry vir ‘n lang ruk. Al wat ek het vir versekering het, is sy hand op my been. Ek vou my hand om syne en ontvang ‘n ligte soentjie op die wang. Ons kom tot ‘n stilstand. Machiel vat my weer in sy arms, dra my ‘n ent en sit my neer. “Jy mag maar kyk.” Ek haal my blinddoek af. My mond val oop. Ons staan op ‘n bergtop. Mens kan kilometers van hier af sien. Die son is besig om te sak oor ‘n massiewe meer. ‘n Groot oop veld lê voor ons. Jy hoor die vroegaand geluide van wilde diere. Die wind waai die lang grasse van die veld heen en weer. Dis asemrowend. Dis die einste plek waar ons verloof geraak het.
“Ek weet nie wat om te sê nie.”
“Sê net jy’s lief vir my.”
“Ek’s lief vir jou Machiel Herman Voster”
“En ek vir jou Mevrou Voster”
Hy draai my na hom toe. Sy hande sag in my nek, sy lippe vol op myne. Ek word bewus van hom en elke beweging wat hy maak. Die wêreld om ons vervaag. Ek voel hoe hy my optel en na ‘n snoesige tentjie dra. Hy lê my neer, kyk na my, glimlag breed en sê: “Vanaand is dit net ek en jy.”

Die volgende oggend word ek wakker met strelende soene en koffie in die bed. In hierdie geval was dit in die slaapsak. My oë het geglinster. My hart was vol. Vol van hoop, van drome, van hom, van Lisa. Lisa, die kindjie wat so na aan my man se hart is. Hy praat nie vreeslik baie van haar nie, maar ek kan in sy oë sien dat hy haar mis. Net soos ek haar mis. Sy’t so vinnig in ons harte ingekruip. So vinnig deel van ons geword.
Ek praat uit my beurt uit, half onverwags: “Jy’s lief vir haar.”
“Vir wie my skat?”
“Vir Lisa”
“Ja”, hy vat my hande in syne. “Ja, ek is lief vir haar Tishia. Ongelooflik lief. Sy’s soos ‘n dogtertjie vir my. Meisies was nog altyd my swakpunt, jy weet dit. Ek wil haar alles gee wat haar hartjie begeer.”
“En ek wil jou gee wat jou hart begeer. Ek’s net so lief vir Lisa maar…”, ek kyk af, half skaam.
“Maar?”
“Maar ek dink dis tyd dat sy ‘n boetie of ‘n sussie kry.”
“Jy weet dis nie moontlik nie Tish. Jy…”
Ek plaas my vinger op sy mond. “Glo jy in wonderwerke, Machiel?”
“Ja?”
“Ek wou jou lankal sê, maar die tyd het nooit reg gevoel nie.”
Sy oë begin glinster soos die van ‘n klein seuntjie wat pas ‘n nuwe karretjie gekry het.
“Bedoel jy…?”
Ek glimlag breed. “Ja my skat”

Nog nooit het ek vir Machiel so gelukkig gesien nie. Hy wou so bittergraag ‘n gesin gehad het. Hy het nooit een van sy eie gehad nie. Sy ma was ‘n alkoholis. Het elke aand die strate vol gelê. Hy het nooit sy pa geken nie. Nie eers sy ma kan vir hom ‘n naam gee nie. Sy ouma het hom groot gemaak. Hom tuiste, klere, kos en water gegee. Sy’t net gedoen wat sy moes. Verder moes hy self sien kom klaar. Hoe hy so suksesvol geword het weet ek nie. Hy hou maar ook die verlede in die verlede. Dis al wat ek weet van sy kinderjare. Tog pla dit my. Machiel dink ook ek “worry” te veel.

Dit is vroegmiddag. Machiel staan voor ‘n vuur en braai. Hy weet ek’s mal oor braaivleis. Ek skink vir my rooiwyn. Brandewyn en coke vir hom. Wyn het nooit rerig in sy smaakklas geval nie. Alles was idilies. Die natuur, die geluide, die atmosfeer als. Die rustigheid word verbreek deur my selfoon. Ek ignoreer dit. Niks is op hierdie stadium belangriker as Machiel nie. Na ‘n rukkie hou dit op met lui. Ek staan rustig by my man en geniet sy geselskap. My foon lui weer. “Dalk moet jy gaan kyk, dis dalk belangrik.”, ek’t geweet hy gaan dit sê. Dit was nie ‘n oproep nie. Ek verwag ‘n gelukkige troudag toewensing van een van my vriendinne, beide my ouers is oorlede. Ek kry ‘n rukking in my hart: “Machiel!!!”. Ek los my foon net daar met die boodskap nog oop…Sussa HELP!!!

Binne drie ure was ons by die huis. Dit was te lank. Enige iets kon met haar gebeur het in daai tyd. Machiel stop voor die huis. Ons spring gelyktydig uit en haas ons na die deur. Sonder om daaroor na te dink skop Machiel die deur af. Die huis stink na drank en rook. Die voorportaal is verwoes. Daar’s bloed op die mure. BLOED!!! “Lisa!!”, ek gil so hard as wat ek kan. Instink neem my na ons kamer toe. Daar lê sy in ‘n bondeltjie en huil. Soos daai dag wat Machiel haar van haar oom gered het. “Lisa!”. Sy kyk na my met bang oë. Ek hou haar styf teen my vas. In die sitkamer hoor ek ‘n rusie. Mansstemme wat op mekaar skree. “Bly hier, Lisa”.

My voete dra my na die sitkamer. Ek hoor glas breek, ‘n skreeu van pyn, ‘n geweerskoot. Nee. Ek will so graag hê dat my oë vir my moet lieg. Machiel, machiel… Braam staan met ‘n geweer na Machiel gerig. Dit was ‘n kopskoot. “Nee!!!”.
“Ja. dit is so. Die ou has been het sy gat gesien. En jy kan niks daar aan doen nie.”
“Jy’s ‘n vark!!”
“‘n Vark wat vir jou en daai klein niksnuts sal moet versorg, ja”
“Ek weier!!”
“Jy kan nie. Wat gaan jy doen? Hê? Polisie toe hardloop? Hah!! Ek lag vir jou. Ek sal julle versorg, en julle sal my goed daarvoor betaal.”
Daar is niks wat ek kon doen nie. Ek’t nie ‘n foon by my gehad nie. Niks. Braam het met dronk na my toe gestap. Sy vat was koud en donker. Hy het dit duidelik gemaak dan sal doen soos wat hy beveel. Anders was ons lewens ook daarmee heen. Ek wou na Machiel toe gaan, het hard probeer, maar Braam was sterker as ek. Hy’t my geslaan, geskop, my teen die muur vasgedruk. “Sulke mooi lady soos jy hoort nie by so ‘n stuck up snob soos hy nie.”. My trane het gekeer dat ek iets uiter. My lippe het gebewe, my hart was stukkend. Braam glimlag vir my soos gister. Ek voel hom vroetel aan my lyf. My hele wese wou hierdie man sien smoor aan gas, verstik aan water, verdrink in sy eie bloed. Ek spartel. Braam lig sy hand teen my en slaan my tot ek krul van pyn op die grond. Ek het nie krag in my nie, net trane en liefde vir iemand wat my nie meer kan beskerm nie. Ek voel sy gewig op my. Sy koue hande.

Vir drie jaar was ons opgesluit in ons eie huis. Net ek en Lisa en die monster, soos sy hom noem. Ons het Machiel begrawe in die tuin toe hy nie daar was nie. Vir Pappa gesê hoe lief ons hom het en hoe baie ons hom mis. Ek het my enigste babatjie verloor na daardie dag. Braam was ons meester. Ons moes doen volgens sy wil. Hy het beurte gemaak met ons. Seker om nie een van ons af te skeep nie. Ons moes darem net in die aande saam met hom leef. As ons nie volgens hom reg doen nie, het hy ons ‘n les geleer tot ons doen wat hy sê.

Bedags as hy nie by die huis was nie het ons onsself toegesluit in haar kamer en Bybelstudie gehou. “Kan ek asseblief vandag bid Sussa?”. Dis die eerste keer in drie jaar wat sy dit vra. “Ja para. Jy weet mos jy mag”. Saam sluit ons ons oë. Ek voel hoe die trane in my begin opdam. “Liew Jesus. Dankie vir Pappa en Sussa. Dankie dat Pappa nogsteed by ons is en ons veilig hou. Liewe Jesus. Dankie dat Sussa nog hier by my is en na my kyk en seker maak Monster raak nie aan my nie. Sê asseblief vir haar dat sy nie hoef te worry nie. Als sal regkom. Amen”

Nog drie jaar het verloop. Braam het my toegelaat om so nou en dan winkel toe te gaan om inkopies te doen. Steeds kon ek niks doen nie. Hy het baie kontakte gehad. Daar was elke dag iemand wat my dopgehou van ek uit die huis uit stap, tot ek weer die voordeur agter my toemaak. Wie weet wat alles gebeur as ek nie by die huis was nie. Ek het net gebid en gehoop dat Lisa veilig is. Lisa. Sy word 16 vandag. Braam het my ‘n bietjie geld gegee om ietsie vir haar te koop. Dis die enigste tikkie menslikheid wat ek van hom ontvang het in die afgelope 6 jaar. Sy hou van juwele en aarbeie. Juwele was buite die kwessie. Ek koop vir haar ‘n pakkie aarbeie en ‘n pakkie Smarties. Machiel het altyd vir haar Smarties gekoop. Niemand het my herken as ek dorp toe gaan nie. My donkerbrille was op sodat niemand die blou kringe om my oë kon sien nie. Ek betaal vir wat ek gekoop het en stap huistoe.

“Ek is gatvol!! Hoor jy my?!”. Ek hoor haar stem al van die straathoek af. Sy’s gevaarlik, ek weet sy is, maar sy weet dit nie. Sy weet nie wat sy doen nie. Ek haas myself om by haar uit te kom. Vinnig. Amper daar, amper…te laat. Sy staan met die pistool in haar hand.

Braam lê roerloos op die grond. “Ek’t mos gesê als sal regkom, Sussa.”



Leave a Reply

et cetera