Wie is ek???
Nutteloos
‘n bestaan van waansin
Onverstandigheid
Waar hoort ek?
Wat is my doel?
Hoekom het U my op die aarde geplaas
Waarom
Waarom voel my hart so leeg
Waarom traan my oog
Waar is die teken, Heer
Waar is my reënbboog
Ek voel soekend, verdwaald
fragile en rou
Waar is die iemand
wat suppose is om my vas te hou
is ek net deel van die crowd
is ek ‘n Frida Kahlo
wat lag
ten spyte van pyn
Is ek hardkoppig verwaand
Selfsugtig bedaard
Moerig of ‘n bitch
‘n sletterige hoer?
Why am I placed
where I do not belong
Dis so sad, pateties eintlik
Soos ‘n Westlife song
Die vraag maal
Oor en oor en oor en…
Besef ek steeds nie
Wie is ek?



Besonderse reis na jouself…en ek kan jou nou maar vertel dit is ‘n lang reis maar dis die moeite werd….voorspoed met jou reis en geniet elke moment… dis alles die moeite werd…dus hou nie op met vrae vra en antwoorde soek nie…bly skryf en dit gaan jou goed. Riana
Miskien, nee ek weet, ek het eers op 30 besef wie ek is, vrede gemaak met my gebreke en moed gehad vir die toekoms. Sterk staan, die antwoorde kom nog, miskien vinniger vir jou